Tieners Banner
Dra jou kruis

22 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.

II Timótheüs 2:22

Wie om te kontak?

Ruan Lambrechts 074 943 9113
Suné de Kock 084 641 6480

WIE is Ons?

Ons is die hoërskoolkinders van Vaalpark en omgewing wat ‘n passie het vir Jesus! Ons gee om vir mekaar en is bekommerd oor ‘n verloregaande wêreld! Ons is HIP, COOL, en HAPPENING! In een woord saamgevat: Ons is RELEVANT!

Baie van ons is in A.G.S. Lewende Waters Vaalpark self, maar baie kom ook uit ander gemeentes/denominasies. Almal wat 13-18 jaar oud is is meer as welkom om by ons aan te sluit en om dit saam met ons te kom geniet!

WAAR en WANNEER?

Ons kom elke Vrydagaand om 19:00 by die kerk bymekaar. As jy nie weet waar dit is nie check ons kontak ons page uit vir ‘n kaart!

WAT doen ons?

Ons jeugbyeenkomste is AWESOME! Ons leer so baie oor die lewe, oor Jesus, en oor hoe om die Bybelse boodskap prakties uit te leef!

Hier is ‘n paar dinge wat ons op ‘n tipiese Vrydag doen:

  • Ons doen cool ysbrekers
  • Ons speel lekker speletjies
  • Ons sing en maak die Here se Naam groot
  • Ons luister na ‘n “Woema vir die Week
  • Ons leer praktiese en relevante lewenslesse
  • Ons kuier groot
  • Ons maak nuwe pelle
  • Ons gaan ook jaarliks op ‘n awesome jeugkamp
Tieners

9 Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring. 10 En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.

Prediker 11:9-10

9 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U woord.

Psalm 119:9

Ons Jeugraad

Jeugraad
Agter:Nici van As, Reynard Engels, Josua van As, Maryna Gouws, Kevin van Staden, Stephen Beukes, Larissa Giezing, Marnise Lambrechts, Fanie Landman, Suné de Kock (Sekretaresse), Celeste Beukes
Voor:Pastoor Hannes van As, Ruan Lambrechts (Jeugleier)