Lidmaatskap Registrasie

    Persoonlike Besonderhede

    Wat is u geslag?

    Kontakbesonderhede

    Beroepsbesonderhede




    Geestelike agtergrond

    Is u al gedoop deur onderdompeling?


    Is u al gedoop met die Heilige Gees?


    Is u getroud?

    Huweliksmaat Besonderhede

    Kontakbesonderhede

    Beroepsbesonderhede




    Geestelike agtergrond

    Is u al gedoop deur onderdompeling?


    Is u al gedoop met die Heilige Gees?



    Woonadres:

    Het u kinders?

    Kind(ers) se Besonderhede

    Kind 1 se Besonderhede

    Kind 2 se Besonderhede

    Kind 3 se Besonderhede

    Kind 4 se Besonderhede

    Kind 5 se Besonderhede

    Baie dankie vir die inligting. Klik op die Stuur knoppie om die vorm te stuur.

    Sending

    Kontak

    Hannes Roos
    Sendingvoorsitter

    Die opdrag

    15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”

    Markus 16:15-16

    15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.”

    Markus 16:15-16

    Ons werkwyse

    8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”

    Handelinge 1:8

    8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”

    Handelinge 1:8

    Ons sendingbediening is geskoei op die metodiek wat deur Jesus voorgestel is:

    • – Vaalpark
    • – Sasolburg en omstreke
    • – Die groter Suid-Afrika
    • – Bediening buite Suid-Afrika

    As gemeente onderneem ons nie sendinguitreike na buite ons “Judea” gebied nie, primêr omdat ons glo dat dit ‘n taak is wat beter gedoen kan word deur persone wat vertroud is met die omgewing, en bekend is aan die mense wat bedien word. Die buite-Judea bediening word dus gedoen deur persone wat geroepe voel om die evangelie in ‘n betrokke land te bring, terwyl dit Vaalpark gemeente se rol is om ondersteuning deur gebed en materiële middele te bied. Ons bediening word sterk beïnvloed deur ons wederkoms-visie van die hereniging van die Jode in hul beloofde land.

    Ons sendingjaar loop vanaf Junie tot Mei. Gedurende Meimaand word die gemeente die geleendheid gebied om hul sendingbeloftes te hernu. Lidmate verbind hulself aan een of meer sendelinge/projekte soos hul gelei voel. Hierdie belofte word gemaak bo en behalwe ‘n lidmaat se tiendeverpligting. Tydens die beloftehernuwing kry lidmate ook terugvoer vanaf die sendelinge aangaande hul werksaamhede. Lidmate ontvang ook gereeld persoonlike terugvoer vanaf die sendeling/e wat hul ondersteun.

    ‘n Sendingkomitee administreer die gemeentebydraes deur die uitbetaling van 50% van die belofte direk aan die sendeling/e, terwyl die oorblywende 50% in ‘n noodfonds gehou word. Soos die benaming aandui word die noodfonds aangewend om gedurende noodsituasies, soos siekte, reis en ander abnormale verpligtinge uit te help. Fondse wat aan die einde van Mei oorbly word aan die sendelinge uitbetaal.

    Sedert 1996 blyk hierdie ‘n beproefde en suksesvolle manier van betrokkenheid by sendingwerk te wees.